
=====================================================================
'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner (AV 7:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner

Matthew Barnes, wenner in die kategorie radio en die beste advertensie wat oorspronklik in Afrikaans geskep is, asook algehele wenner van 
Pendoring 2000, ontvang hier een van sy pryse van mnr. Nick Stevens, hoofbestuurder, kykNET.
---------------------------------------------------------------------
Wilma de Bruin neem die grootste Afrikaanse reklamewedstryd Pendoring in onskou.

In die Julie-uitgawe van Afrikaans Vandag skryf die veelbekroonde kopieskrywer en skeppende direkteur Johan Roux oor die "bloeityd" in die 
Afrikaanse reklamewese; van kopieskrywers wat met Minora-lemmetjies reg op die pols sit. O, bloed!

Terwyl hulle droefgeestig sit en tob oor die toekoms, besluit 'n dwars "Engelsman" en "gebore rebel" met die naam Matthew Barnes om, pleks 
van sy opdrag uit te voer en 'n flits oor 'n Engelse program (M-Net se "Who wants to be a millionaire") met 'n Engelse aanbieder in Engels 
te skryf, die hele ding in Afrikaans te doen.

Boerpot!

'n Paar maande later word Barnes op die sesde jaarlikse Pendoring-bekroningsaand by Vodaworld, Midrand, aangewys as die algehele wenner van 
di Afrikaanse reklamewedstryd vir voortreflike Afrikaanse reklame.

"As 'n donderse Engelsman met 'n Afrikaanse advertensie vir 'n Engelse produk drie toekennings kan losslaan in 'n Engelse kompetisie [en 
nou boonop ook die gesogte prestigeprys in 'n Afrikaanse kompetisie], vir wat sit ons klomp dan met die Minora-lemmetjies?" vra Roux tereg.

Hoor-hoor!

Mag Barnes se ondernemingsgees die selfmoordsindroom in die bedryf kelder en 'n nuwe vlaag Afrikaanse reklamejuwele hardkoppige bemarkers 
oortuig van die trefkrag n doeltreffendheid van moedertaalreklame.

Aan juwele was daar juis geen tekort onder die groot oes vlymskerp studente-inskrywings vir die Pendoring-wedstryd nie. Trouens, die 
beoordelaars was deur die bank in vervoering oor hul potensiaal. "Die korporatiewe en advertensiewreld kan leer uit die onbevange 
kreatiwiteit van die studente," meen die beoordelaar Milanie Vosloo, voorsitter van Ad-Uppe Holdings en Ad-Uppe Advertising.

Met Action Stations 'n nuwe hoofborg n die borg van twee studiebeurse vir die studentewenners, is di kategorie vanjaar in twee verdeel.

In die afdeling vir veldtogte (gemeng) en nuwe media het Maria van Wyk, Elza van der Merwe, Eben Keun en Ian Green van die Vega School of 
Brand Advertising Communications met hul veldtog vir Svensk Vodka gesevier. "Di veldtog span Afrikaans en moderne grafiese taal op 'n 
heel nuwe en innoverende manier in," was die beoordelaar Hein Botha se kommentaar. Hy is skeppende groepdirekteur van Young & Rubicam in 
Gauteng.

Met 'n taal n beeld wat almal verstaan, is die kopieskrywer Dhne Bolsens en die kunshoof Nelia Joubert van die Johannesburgse kampus van 
die AAA-reklameskool in die kategorie vir gedrukte advertensies bekroon. Hul treffende tydskrifadvertensie is 'Hy laaik my stukkend' vir 
Prevention of Woman Abuse (POWA).

Oor Barnes se radio- en prestigepryswenner getiteld "Simpel", wat ook bekroon is as die beste advertensie wat oorspronklik in Afrikaans 
geskep is, was die verteenwoordigende paneel beoordelaars dit eens: die vermaaklikheidswaarde, slim woordspeling en goeie produksiewaarde 
tref die kol.

Barnes se driekuns het hom nie net R15 000 in die sak gebring nie, maar ook die gesogte oorsese studiebeurs geborg deur kykNET, wat hom 
vanjaar as 'n nuwe hoofborg by Pendoring geskaar het.

In die koerantkategorie het die Kapenaar Manie Fourie van die Kaapstadse kantoor van O&M met die louere weggestap vir sy Volkswagen Kewer-
advertensie "Verwag". Die sterk en eenvoudige beeld het veral Marko Leus, vanjaar se oorsese beoordelaar, getref. Hy is verbonde aan O&M in 
Brussel. "Pragtig om te sien en om nooit te vergeet nie," was sy kommentaar.
---------------------------------------------------------------------

Met die advertensie "By" het nog 'n Engelsman  Mick Blore van The Agency  in die tydskrifkategorie gesevier. Di advertensie met sy 
glashelder boodskap (vir Lifestyle kondome), het die beoordelaars veral bendruk weens sy eenvoud en ekonomiese maar treffende 
woordgebruik. TBWA Hunt Lascaris se TV-advertensie "Kombuistafel"  Frances Luckin (kopieskrywer), Tony Granger (skeppende hoof) en Bibi 
Lotter (kunshoof)  was weer eens kenmerkend van die stout waagmoed van die braaihoendergroep Nando's. 'n Paar wat op die kombuistafel 
kafoefel, het die span 'n Pendoring in die TV-kategorie besorg.

Die advertensie is gewaagd, maar slaag daarin om mense regop te laat sit en daaroor te laat praat. So bly Nando's ook vars in hul geheue, 
meen die beoordelaar Hilton Mashonga van Bates141, Stellenbosch.

In die buitelug/plakkaat-kategorie, wat vanjaar ook 'n fris klompie inskrywings gelok het, het kykNET se stoel-plakkaat "Lag" met die 
louere weggestap en die kopieskrywers Annette Nel en Justine Powell 'n Pendoring in die sak gebring. Di veldtog met sy kenmerkende blou 
stoel en kykNET-handelsnaam, was 'n groot gunsteling by die beoordelaars en was ook 'n wenner in die veldtogkategorie.

Met sy prettige plekmatjies vir SA Brouerye op die Klein Karoo Nasionale Kunstefees het Johan Roux van O&M Gauteng skoonskip gemaak onder 
die onder-die-lyn-finaliste en het sy inskrywing "Lager" in di kategorie mededingers uitgestof. Roux het ook met sy klinkrel "Almal praat 
biers" die septer geswaai in die kategorie vir die beste nuwe klinkrel/uitdrukking/begrip.

Afrikaans druk toenemend sy stempel in die digitale wreld van nuwe media af. Dt het inskrywings in di kategorie, wat heelparty 
verrassings opgelewer het, duidelik getoon. Die kondoom-koning Chrisjan Fourie en die kopieskrywer Madelet du Plessis is hier bekroon vir 
hulle Afrikaanse "kitsch"-webwerf.

Vir sy voortreflike regie van O&M se TV-advertensie "Donkie" vir kykNET  die donkie wat oor homself sing en sy baas een van die beste 
onder die sitvlak gee  het regisseur Les Sharpe van Upstream Productions die beoordelaarsprys vir die beste uitvoerende kunstenaar besorg.

Vanjaar is in 'n paar afdelings geen pryse toegeken nie.

Die wenners in elke kategorie het benewens 'n Pendoring-toekenning ook 'n kontantprys van R5 000 gewen. Die prestigepryswenner het 'n 
bykomende R5 000 asook die kykNET-oorsese studiebeurs ontvang. Wilma de Bruin is vryskutjoernalis.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7426.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Finaal 2000 /// Nuwe SBA maak deure oop met Afrikaans /// Gedig met 
skets van Nick Mallet /// Bertie du Plessis s /// Nuwe Direktoraat: Buitelandse Betrekkinge /// Afrikaans-Ekspo groei steeds /// Welslae 
met slypskole /// Wat onthou word, l n aan die hart /// Vertel hulle van die rykdom in Afrikaans /// Ons lesers skryf: Voorstelle vir 
'realiste' /// Ons lesers skryf: Leer van Vlaandere /// Buro van woorde staan sterk /// Veeltaligheid in nuwe Suid-Afrika /// 
Nederlandssprekers leer Afrikaans /// Taal, kleur en eiewaarde /// Burgeroorlog in Afrikaanse geledere /// Vir fliekvlooie, boekwurms, 
jappies en ... /// Punt in die wind /// Eie woord en klank voer mee /// Handleiding oor grammatika en uitspraak /// Europa eis kennis van 
tale /// Die tinktinkie en die renboog /// Taalwerkers saam onder Afrikaanse kombers /// Tieners wil nie lees nie! Wie is skuldig? /// 
Oupa se woorde is kompas in nood /// Trots van die SvA  geletterdheidswerk /// Luister na stem van ware identiteit /// 'Ons gee Afrikaans 
'n nuwe baadjie' /// 'Donderse Engelsman' is prestigepryswenner /// Taalspeletjies gee vonk aan Afrikaanse lesse /// Plaasskole word 'n 
avontuur /// Afrikaans Vandag sit hand by /// In Amerika klop harte warm vir Afrikaans /// Die kode is P /// Een van talle suksesvolle 
literre skryfskole /// Engels ongeskik vir Afrika renaissance /// Ons lesers skryf: Gebruik Engels om Afrikaans te prys /// Kongres toon 
literatuur is poort tot kennis /// Moedertoorn /// Laat feeste voorhuisdeure wyer oopmaak /// Skep eenvormigheid met flair /// Vista-
studente se Afrikaansfees maak geskiedenis /// Daar's lewe by die Afrikaanse Skrywersvereniging /// 'Kyk met haikoe-o' /// Daar is 'n tyd 
vir gaan... /// Ontmoet Afrikat /// Vakansiebestemming: Valsbaai /// Grootkop rol

